Mnr. Meyer,
Toe Zizzelee as die agent die Tweefontein woning bemark het,het en ons dadelik geweet dit is die plek vir ons. Ek het maar aanvaaar dat die proses maar omslagtig en tydrowend gaan wees. Met die kombinasie van Zizzelee en Elaine was al die prosesse in rekord tyd gedoen en registrasie is gedoen. Ons kon intrek !
Sout straat moes verkoop word. Zizzelee het aan die werk gespring en die regte koper is gevind. Weereens het jou Pretoria en Kapstad meisies al die logistieke aspekte opgelos. Ons is in ons huis en geld is in die bank.
Omdat ek Projekbestuur vir baie jare gedoen het was ek baie beindruk met Elaine en Zizzelee se metode :
Gereelde projek status aan klient
Kritiese datums wat bereik moet word
Altyd beskikbaar buite kantoorure.
Dankie
Chris van Schalkwyk